8 Sy eie huis waar hy gewoon het, was op ’n ander stuk grond weg van die troonsaal en dit het gelyk soos die troonsaal. Hy het ook ’n huis gebou vir die farao se dogter met wie hy getrou het. Dit het soos die troonsaal gelyk.
9 Hulle het spesiale klippe gebruik om al die mure te bou, binne en buite, van die fondamente tot bo. Die werkers het die klippe klaar gekap so groot soos hulle moes wees.
10 Hulle het ook spesiale en groot klippe gebruik om die fondamente te bou. Party klippe was tien el lank en party was ag el lank.
11 Die mure bo-op die fondamente was van duur klip en sederhout.
12 Die muur rondom die groot oop stuk grond was van drie rye klippe opmekaar en dan een ry sederhout. Die mure van die binneste oop stuk grond by die tempelgebou en die voorportaal van die tempel was ook so.
13 Koning Salomo het vir Hiram uit Tirus laat haal.
14 Hiram was die seun van ’n weduwee van die Naftali-stam. Sy pa was ’n man van die stad Tirus. Hiram was ’n ambagsman wat met brons kon werk. Hy was vaardig en hy het geweet hoe om al die werk met brons te doen. Hiram het na koning Salomo toe gekom en hy het al sy werk gedoen.