49 dan moet U asseblief luister in u woonplek, die hemel. U moet luister na hulle gebed en U moenie aanhou om hulle te straf nie.
50 U moet asseblief u volk vergewe wat sonde gedoen het teen U. U moet hulle vergewe dat hulle opstandig was teen U, en U moet die mense wat vir hulle gevang het, jammer laat wees vir hulle,
51 want hulle is u eie volk. U het hulle gebring uit Egipte, die plek wat vir hulle soos ’n warm oond was.
52 “Luister asseblief na my gebede en na die gebede van u volk Israel. Luister asseblief na elke gebed wat ons tot U bid, en doen asseblief wat ons vir U vra,
53 want, Here, U wat Here is, U het ons gekies om u volk te wees, U het nie een van die ander volke van die wêreld gekies nie. Dit het gebeur soos U vir ons gesê het toe U vir Moses, u dienaar, gestuur het en toe U ons voorvaders uit Egipte gebring het.”
54 Salomo het voor die altaar gekniel en hy het sy hande na die hemel uitgesteek toe hy tot die Here gebid en gesoebat het.Nadat Salomo klaar tot die Here gebid het, het hy opgestaan
55 en hy het die hele gemeente van Israel gegroet. Hy het hard gepraat en gesê: