63 Salomo het ’n ete-offer gebring. Dit was 22 000 beeste en 120 000 skape en bokke. So het die koning en al die Israeliete die tempel aan die Here gewy.
64 Die koning het daardie dag die middelste deel van die oop stuk grond voor die tempel gewy, want hy het die brand-offer en die koring-offer en die vet van die ete-offers daar verbrand. Hy het dit gedoen omdat die altaar voor die tempel te klein was vir al die offers. Daardie altaar was van brons.
65 Salomo en al die Israeliete saam met hom het daardie tyd feesgevier vir ons God die Here. Hulle was ’n groot volksvergadering, van die stad Lebo-Hamat tot by Egipte-spruit. Hulle het eers sewe dae lank feesgevier, en toe weer sewe dae lank, dit was alles saam 14 dae.
66 Die dag daarna het Salomo die volk laat gaan. Die koning het hulle gegroet en hulle het huis toe gegaan. Hulle was bly en gelukkig oor al die goeie dinge wat die Here gedoen het vir sy dienaar Dawid en vir sy volk Israel.