24 Salomo het die terras gebou nadat die farao se dogter uit die Dawidstad getrek het na die huis wat Salomo vir haar gebou het.
25 Hy het drie maal elke jaar brand-offers en ete-offers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het en hy het wierook-offers gebrand vir die Here. Dit was nadat hy die tempel klaar gebou het.
26 Koning Salomo het skepe laat bou in Esjon-Geber. Dit was by die stad Elot langs die strand by die Riet-see, in die land Edom.
27 Hiram het matrose gestuur wat die see goed geken het. Hulle was saam met die matrose van Salomo op die skepe.
28 Hulle het na die land Ofir gegaan en hulle het vir koning Salomo 420 talente goud gebring.