15 Die engel van die Here het vir Elia gesê: “Gaan af saam met hom, jy moenie bang wees vir hom nie.”Elia het toe opgestaan en hy het saam met die offisier na die koning toe gegaan.
16 Elia het vir die koning gesê: “Die Here sê: Jy het boodskappers gestuur om vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, te vra wat sal gebeur. Dink jy daar is nie ’n God in die land Israel vir wie jy kan vra wat sal gebeur nie? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.”
17 Koning Ahasia het gesterf soos die Here gesê het in die boodskap wat Elia gebring het. Ahasia het nie ’n seun gehad nie. Joram het toe koning geword in die plek van Ahasia, dit was in die tweede jaar nadat Joram seun van Josafat koning van Juda geword het.
18 Al die ander dinge wat Ahasia gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.