11 Jehu het almal doodgemaak wat nog oor was van die familie van Agab in die stad Jisreël, ook al die belangrike amptenare van Agab, en sy vriende en sy priesters. Jehu het nie een laat aanhou lewe nie.
12 Daarna het hy gereedgemaak en na Samaria gegaan. Langs die pad by die stad Bet-Eked-Roïm
13 het hy koning Ahasia van Juda se broers gekry. Hy het gevra: “Wie is julle?”Hulle het gesê: “Ons is Ahasia se broers en ons gaan om te hoor hoe dit gaan met die prinse en met die seuns van die koning se ma.”
14 Jehu sê toe: “Vang hulle lewendig!”Sy manne het Ahasia se broers gevang en doodgemaak by die watergat van Bet-Eked. Hulle was 42 mans, almal het gesterf, nie een het aangehou lewe nie.
15 Toe Jehu verder gaan, kry hy vir Jonadab seun van Rekab en hy groet hom en vra: “Jonadab, ek is jou vriend en ek wil jou help. Wil jy ook vir my help?”Jonadab het gesê: “Ja, ek wil jou help, gee vir my jou hand.”Jonadab het sy hand vir hom gegee en Jehu het vir Jonadab gehelp om op die oorlogkar te klim.
16 Hy het vir Jonadab gesê: “Jy moet saam met my kom, dan kan jy sien hoe werk ek vir die Here.”Jonadab het saamgery op die oorlogkar.
17 Toe Jehu in Samaria aankom, het hy al die familie van Agab wat nog gelewe het in Samaria, doodgemaak. Nie een het aangehou lewe nie. Dit was soos die Here vir Elia gesê het.