16 Hy het vir Jonadab gesê: “Jy moet saam met my kom, dan kan jy sien hoe werk ek vir die Here.”Jonadab het saamgery op die oorlogkar.
17 Toe Jehu in Samaria aankom, het hy al die familie van Agab wat nog gelewe het in Samaria, doodgemaak. Nie een het aangehou lewe nie. Dit was soos die Here vir Elia gesê het.
18 Jehu het daarna al die mense laat bymekaarkom en hy het vir hulle gesê: “Agab het vir Baäl net ’n bietjie gedien, maar ek, Jehu, gaan vir Baäl baie dien.
19 Daarom, roep al die profete van Baäl en almal wat hom dien en al sy priesters. Julle moenie een laat wegbly nie, want ek wil vir Baäl ’n groot offer bring. Ek sal almal laat doodmaak wat nie kom nie.”Jehu het dit gesê omdat hy almal wou doodmaak wat vir Baäl gedien het.
20 Hy het gesê hulle moet vir almal sê daar sal ’n feesdag vir Baäl wees. Hulle het dit gedoen,
21 en Jehu het dit vir al die mense van Israel laat weet. Almal wat vir Baäl gedien het, het gekom. Niemand het by die huis gebly nie. Hulle het na die tempel van Baäl gekom, en die tempel was heeltemal vol, van die een kant tot by die ander kant.
22 Toe sê Jehu vir die amptenaar wat die klerekamer moes oppas: “Jy moet klere bring vir almal wat vir Baäl dien.”Die amptenaar se mense het die klere uitgebring,