1 Joas het koning van Juda geword in die sewende jaar nadat Jehu koning van Israel geword het. Joas was 40 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Sibja, sy was van die stad Berseba.
2 Joas het dinge gedoen waarvan die Here hou. Dit was so in die tyd toe die priester Jojada vir Joas geleer het.
3 Maar Joas het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog ge-offer en hulle het wierook gebrand op die offer-plekke.
4 Joas het vir die priesters gesê hulle moet al die geld neem wat mense wy en wat hulle na die tempel bring, die geld wat hulle móét bring en die geld wat hulle self wil bring.
5 Hulle moet die geld neem van die mense wat dit bring, en dan moet hulle die tempel regmaak oral waar dit nodig is.