3 Maar Joas het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog ge-offer en hulle het wierook gebrand op die offer-plekke.
4 Joas het vir die priesters gesê hulle moet al die geld neem wat mense wy en wat hulle na die tempel bring, die geld wat hulle móét bring en die geld wat hulle self wil bring.
5 Hulle moet die geld neem van die mense wat dit bring, en dan moet hulle die tempel regmaak oral waar dit nodig is.
6 Maar in die 23ste jaar nadat Joas koning geword het, het die priesters nog nie die werk aan die tempel begin doen nie.
7 Joas roep toe die priester Jojada en die ander priesters en hy sê vir hulle: “Hoekom maak julle nie die tempel reg nie? Van nou af mag julle nie meer die geld hou wat die mense bring nie, julle moet dit gebruik om die tempel reg te maak.”
8 Die priesters het gesê dit is goed, hulle sal nie meer die geld wat die mense bring, hou nie, hulle sal dit net gebruik om die tempel reg te maak.
9 Die priester Jojada het toe ’n kis geneem en hy het ’n gat in die deksel gemaak. Hy het die kis neergesit regs langs die altaar, waar die mense inkom. Die priesters wat by die deure wagstaan, het al die geld geneem wat mense na die tempel gebring het en hulle het die geld in die kis gegooi.