11 Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die mense van Israel laat doen het.
12 Al die ander dinge wat Joas gedoen het, ook die dapper dinge toe hy oorlog gemaak het teen koning Amasia van Juda, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
13 Joas het gesterf, en sy mense het hom begrawe in Samaria by die konings van Israel. Jerobeam het daarna koning geword in Joas se plek.
14 Elisa was baie siek. ’n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!”
15 Elisa het vir die koning gesê: “Neem jou pyl en boog.”Koning Joas het dit gedoen,
16 en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.”Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit
17 en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.”Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.”Joas het ’n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.”