14 Elisa was baie siek. ’n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!”
15 Elisa het vir die koning gesê: “Neem jou pyl en boog.”Koning Joas het dit gedoen,
16 en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.”Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit
17 en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.”Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.”Joas het ’n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.”
18 Toe sê Elisa: “Neem die pyle.”Joas het dit gedoen. Elisa sê toe vir hom: “Slaan daarmee op die grond.”Koning Joas het drie maal op die grond geslaan en toe het hy opgehou.
19 Die man van God het kwaad geword en vir Joas gesê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal oorwin het en hulle sou niks meer kon doen nie. Maar nou sal jy net drie maal vir Aram oorwin.”
20 Elisa het gesterf, en sy mense het hom begrawe. Omtrent die einde van daardie jaar het groepe Moabiete in die land gekom en hulle het die mense van Israel aangeval.