22 Koning Gasael van Aram het die mense van Israel die hele tyd verdruk terwyl Joahas koning was.
23 Maar die Here was genadig vir die mense van Israel. Hy was jammer vir hulle en Hy het aan hulle gedink omdat Hy ’n verbond gemaak het met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou nie hê dat die mense van Israel almal moet sterf nie. Hy het toe nog nie besluit om hulle heeltemal te los nie.
24 Nadat koning Gasael van Aram gesterf het, het sy seun Ben-Hadad koning geword ná hom.
25 Joas seun van Joahas het toe die stede teruggevat van Ben-Hadad. Dit was die stede wat Gasael voorheen in die oorlog gevat het van Joas se pa Joahas. Joas het vir Ben-Hadad drie maal oorwin en hy het die stede van Israel teruggevat.