16 Joas het gesterf, en sy mense het hom begrawe in Samaria by die konings van Israel. Sy seun Jerobeam het koning geword ná hom.
17 Koning Amasia van Juda, seun van Joas, het nog 15 jaar gelewe nadat Joas seun van Joahas koning van Israel gesterf het.
18 Die ander dinge wat Amasia gedoen het, is geskryf in die dagboek van die konings van Juda.
19 Mense in Jerusalem het besluit om Amasia dood te maak. Hy het gevlug na die stad Lakis, maar hulle het mense daarnatoe gestuur om hom te vang, en hulle het hom daar doodgemaak.
20 Hulle het sy liggaam op perde teruggebring, en hulle het hom begrawe in Jerusalem by sy voorvaders in die Dawidstad.
21 Al die mense in Jerusalem het toe vir Ussia geneem en hulle het hom koning gemaak ná sy pa Amasia. Ussia was toe 16 jaar oud.
22 Dit is hý wat die stad Elat weer gebou het en wat die stad teruggevat het vir Juda. Ussia het dit gedoen nadat koning Amasia gesterf het.