18 Die ander dinge wat Amasia gedoen het, is geskryf in die dagboek van die konings van Juda.
19 Mense in Jerusalem het besluit om Amasia dood te maak. Hy het gevlug na die stad Lakis, maar hulle het mense daarnatoe gestuur om hom te vang, en hulle het hom daar doodgemaak.
20 Hulle het sy liggaam op perde teruggebring, en hulle het hom begrawe in Jerusalem by sy voorvaders in die Dawidstad.
21 Al die mense in Jerusalem het toe vir Ussia geneem en hulle het hom koning gemaak ná sy pa Amasia. Ussia was toe 16 jaar oud.
22 Dit is hý wat die stad Elat weer gebou het en wat die stad teruggevat het vir Juda. Ussia het dit gedoen nadat koning Amasia gesterf het.
23 Jerobeam seun van Joas het in Samaria koning van Israel geword in die vyftiende jaar nadat Amasia koning van Juda geword het. Jerobeam was 41 jaar lank koning.
24 Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het en wat hy die mense van Israel laat doen het.