2 Amasia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Jehoaddan, sy was van Jerusalem.
3 Amasia het dinge gedoen waarvan die Here hou, maar hy het nie alles gedoen soos sy voorvader Dawid nie. Amasia het gedoen soos sy pa Joas gedoen het.
4 Amasia het ook nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand.
5 Toe Amasia seker was dat hy koning sal bly, het hy sy amptenare doodgemaak wat vir sy pa vermoor het.
6 Hy het nie die kinders van die moordenaars doodgemaak nie, want in die Wette van Moses is geskryf dat die Here gesê het: “Wanneer ’n kind sonde doen, dan moet sy pa nie daaroor sterf nie, en wanneer ’n pa sonde doen, dan moet sy kind nie daaroor sterf nie. Elkeen mag net vir sy eie sondes sterf.”
7 Dit is Amasia wat 10 000 Edomiete oorwin het in die Sout-vallei. Hy het die stad Sela in die oorlog oorwin en gevat, en hy het die naam van die stad verander na Jokteël. Dit is tot vandag toe die naam van daardie stad.
8 In daardie tyd het Amasia boodskappers gestuur na Joas seun van Joahas seun van koning Jehu van Israel. Die boodskappers moes vir Joas sê: “Kom ons maak oorlog teen mekaar.”