29 In die tyd toe Peka koning van Israel was, het koning Tiglat-Pileser van Assirië na Israel gekom. Hy het die stede Ijon, Abel-Bet-Maäka, Janoag, Kedes en Hasor oorwin. Hy het die hele land Naftali, die land Galilea en die land Gilead gevat. Hy het die mense gevang en weggevat na Assirië.
30 Hosea seun van Ela het planne gemaak teen Peka seun van Remalja. Hosea het Peka aangeval en doodgemaak en Hosea het koning geword in Peka se plek. Dit was in die twintigste jaar nadat Jotam seun van Ussia koning van Juda geword het.
31 Al die ander dinge wat Peka gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
32 Jotam seun van koning Ussia van Juda het koning geword in die tweede jaar nadat Peka seun van Remalja koning van Israel geword het.
33 Jotam was 25 jaar oud toe hy koning geword het en hy was 16 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Jerusa dogter van Sadok.
34 Jotam het dinge gedoen waarvan die Here hou, soos sy pa Ussia.
35 Maar hy het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand. Dit is Jotam wat die boonste poort van die tempel laat bou het.