35 Maar hy het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand. Dit is Jotam wat die boonste poort van die tempel laat bou het.
36 Al die ander dinge wat Jotam gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
37 In die tyd toe Jotam koning was, het die Here begin om vir Resin koning van Aram en vir Peka seun van Remalja te stuur om Juda aan te val.
38 Jotam het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die stad van sy voorvader Dawid. Sy seun Agas het koning geword ná hom.