9 en die mense van Israel het hulle God die Here gedien soos die ander volke hulle gode gedien het. Hulle het offer-plekke gebou by al hulle stede, klein en groot.
10 Hulle het klip-pale en gewyde pale ingeplant op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
11 Hulle het wierook gebrand by al die offer-plekke, hulle het gedoen soos die ander volke. Die Here het daardie volke gevang en weggevat om plek te maak vir die mense van Israel. Maar die Israeliete het slegte dinge gedoen en hulle het die Here kwaad gemaak.
12 Die Here het gesê hulle mag nie die afgode dien nie, maar hulle het dit gedoen.
13 Die Here het al die profete en sieners gestuur om die mense van Israel en Juda te waarsku. Die Here het gesê: “Julle moet ophou om die slegte dinge te doen, julle moet gehoorsaam wees aan al my wette wat Ek vir julle voorvaders gegee het. Ek het dit vir julle laat weet toe Ek my dienaars die profete na julle toe gestuur het.”
14 Maar die mense van Israel wou nie luister nie, hulle was hardkoppig soos hulle voorvaders. Hulle voorvaders het nie geglo dat die Here sal doen wat Hy sê nie.
15 Hulle was ongehoorsaam aan sy wette en sy verbond wat Hy met hulle voorvaders gemaak het. Hulle het nie geluister toe Hy hulle gewaarsku het nie. Hulle het gode gedien wat vir hulle niks kon doen nie, en hulle, die mense van Israel, het self geword soos daardie gode. Die Here het gesê hulle moenie soos die ander volke doen nie, maar hulle het gedoen soos die ander volke.