10 Hy het die stad ná drie jaar oorwin. Dit was in die sesde jaar nadat Hiskia koning geword het, en in die negende jaar nadat Hosea koning van Israel geword het.
11 Die koning van Assirië het die mense van Israel gevang en weggevat na Assirië. Hy het hulle laat woon in die stad Galag en by die Gabor-rivier in die land Gosan en in die stede van Medië.
12 Dit het gebeur omdat die mense van Israel nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie. Hulle het nie gedoen wat die Here in sy verbond gesê het nie. Hulle het ook nie gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, gesê het nie. Hulle was ongehoorsaam en hulle het nie gedoen wat hulle moes doen nie.
13 Koning Sanherib van Assirië het al die sterk stede in die land Juda aangeval en hy het hulle oorwin. Dit was in die veertiende jaar nadat Hiskia koning geword het.
14 Koning Hiskia van Juda het vir die koning van Assirië in die stad Lakis ’n boodskap gestuur. Hiskia het vir hom gesê: “Ek het verkeerd gedoen. Jy moenie teen my oorlog maak nie, ek sal vir jou betaal wat jy vra.”Die koning van Assirië het gesê Hiskia moet 300 talente silwer en 30 talente goud betaal.
15 Hiskia het vir die koning van Assirië al die silwer gegee wat hy kon kry in die tempel en in die stoorkamers van die paleis.
16 Hiskia het ook in daardie tyd die goudplaat afgehaal wat hy aan die tempel se deure en aan die deure se rame laat sit het. Hy het dit vir die koning van Assirië gegee.