28 Toe gaan staan die hoof-offisier by die muur. Hy het Judees gepraat en hard gesê: “Julle moet hoor wat sê die groot koning, die koning van Assirië.
29 Die koning sê julle moenie dat Hiskia julle bedrieg nie. Hiskia kan julle nie red nie.
30 Hiskia sê julle moet glo dat die Here julle sal red, hy sê die koning van Assirië sal nie hierdie stad oorwin nie, dit is seker. Maar julle moenie vir Hiskia glo nie.
31 Julle moenie na hom luister nie, want die koning van Assirië sê: ‘Julle moet vrede maak met my en julle moet na my toe kom. Dan kan julle elkeen eers op sy eie grond bly en elkeen kan sy eie druiwe en vye eet en water drink uit sy eie put.
32 Later sal ek kom en ek sal julle wegvat na ’n land wat soos julle land is, ’n land waar daar koring en wyn is, ’n land waar daar kos en wingerde is, ’n land waar daar olyf-olie en heuning is. Ek sal dit doen sodat julle kan lewe en nie sal sterf nie. Julle moet oppas dat Hiskia julle nie bedrieg nie. Hy sê die Here sal julle red,
33 maar ek vra vir julle: Kon die gode van die ander volke hulle lande beskerm teen die koning van Assirië?
34 Nee. Waar is die gode van die stede Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim, Hena en Awwa? Daardie gode kon nie vir hulle help nie. En wie kon die mense van Samaria beskerm teen my? Niemand.