5 Hiskia het geglo dat die Here, die God van Israel, sal doen wat Hy gesê het. Daar was voor die tyd van Hiskia en ná sy tyd nie nog ’n koning van Juda soos Hiskia nie.
6 Hy het aangehou om die Here te dien, hy het nie opgehou om dit te doen nie en hy was gehoorsaam aan die wette wat die Here vir Moses gegee het.
7 Die Here was by Hiskia, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hiskia het opstandig geword teen die koning van Assirië en hy het opgehou doen wat die koning van Assirië wou hê.
8 Hiskia het die Filistyne oorwin tot by die stad Gasa en die plekke daar naby, hy het elke stad oorwin.
9 In die vierde jaar nadat Hiskia koning geword het, in die sewende jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het, het koning Salmaneser van Assirië gekom en hy het Samaria van al die kante aangeval.
10 Hy het die stad ná drie jaar oorwin. Dit was in die sesde jaar nadat Hiskia koning geword het, en in die negende jaar nadat Hosea koning van Israel geword het.
11 Die koning van Assirië het die mense van Israel gevang en weggevat na Assirië. Hy het hulle laat woon in die stad Galag en by die Gabor-rivier in die land Gosan en in die stede van Medië.