12 Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek is. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur.
13 Hiskia het geluister na die boodskappers en hy het vir hulle alles gewys wat hy in sy stoorkamers gebêre het: die silwer en die goud, die balsem en die skoon olyf-olie, en ook sy hele wapenkamer, ja, alles wat in sy stoorkamers was. Hiskia het vir die boodskappers alles gewys wat in sy paleis en in sy hele land was.
14 Die profeet Jesaja het na koning Hiskia toe gekom en hy het vir die koning gevra: “Wat het daardie manne gesê? Van watter land het hulle gekom?”Hiskia het vir hom gesê: “Hulle het van ’n ver land na my toe gekom, van die land Babel.”
15 Jesaja het gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?”Hiskia het gesê: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Ek het vir hulle alles gewys wat in my stoorkamers is.”
16 Jesaja het vir Hiskia gesê: “Jy moet luister na wat die Here sê:
17 Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê.
18 En hulle sal party van jou eie seuns vat om in die koning van Babel se paleis te werk.”