16 Jesaja het vir Hiskia gesê: “Jy moet luister na wat die Here sê:
17 Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê.
18 En hulle sal party van jou eie seuns vat om in die koning van Babel se paleis te werk.”
19 Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.”Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.”
20 Al die ander dinge wat Hiskia gedoen het, al die belangrike dinge wat hy gedoen het, en die dam en die watertonnel wat hy laat bou het toe hy die water in die stad gebring het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
21 Hiskia het gesterf, en sy seun Manasse het koning geword ná hom.