2 Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en hy het tot die Here gebid.
3 Hy het gesê: “Ag, Here, dink asseblief daaraan dat ek gehoorsaam was aan U met my hele hart en dat ek altyd gedoen het wat U wil hê.”Hiskia het hard gehuil.
4 Voordat Jesaja verby die oop stuk grond binne-in die stad geloop het, het die Here met hom gepraat. Die Here het vir hom gesê:
5 “Jy moet omdraai en jy moet vir Hiskia, die koning van my volk, gaan sê: Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak. Jy sal oormôre weer na die tempel kan gaan.
6 Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe. Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië, Ek sal hierdie stad beskerm vir Myself en vir my dienaar Dawid.”
7 Jesaja het toe gesê hulle moet ’n pleister van vye maak en hulle moet dit op die koning se seerplek sit sodat dit gesond kan word.
8 Hiskia het gevra hoe hy sal weet dat die Here hom gesond sal maak sodat hy oormôre weer na die tempel kan gaan.