6 Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe. Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië, Ek sal hierdie stad beskerm vir Myself en vir my dienaar Dawid.”
7 Jesaja het toe gesê hulle moet ’n pleister van vye maak en hulle moet dit op die koning se seerplek sit sodat dit gesond kan word.
8 Hiskia het gevra hoe hy sal weet dat die Here hom gesond sal maak sodat hy oormôre weer na die tempel kan gaan.
9 Jesaja het gesê: “Die Here sal doen wat Hy gesê het, en dit sal vir jou die teken wees: Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe wys dat dit laat is. Moet die Here die skaduwee tien trappe vorentoe laat gaan of moet Hy dit tien trappe terug laat gaan?”
10 Hiskia het gesê: “Die skaduwee kan maklik tien trappe vorentoe gaan. Nee, die skaduwee moet tien trappe teruggaan.”
11 Die profeet Jesaja het tot die Here gebid, en die Here het die skaduwee tien trappe terug laat gaan op die trappe van koning Agas. Dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.
12 Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek is. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur.