1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het en hy was 55 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Gefsiba.
2 Manasse het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, die slegte dinge wat die ander volke gedoen het. Die Here het daardie volke weggejaag sodat die Israeliete daar kan woon.
3 Manasse het die offer-plekke weer gebou wat sy pa Hiskia afgebreek het. Hy het altare gebou vir Baäl en hy het ’n gewyde paal gemaak soos die paal wat koning Agab van Israel gemaak het. Manasse het gebuig vir die son en die maan en al die sterre in die lug, en hy het hulle gedien.
4 Hy het vir hulle altare gebou by die tempel. Die Here het voorheen van hierdie tempel gesê: “Hier in Jerusalem wil Ek woon.”
5 Manasse het op die twee oop stukke grond by die tempel altare gebou vir die son en die maan en al die sterre in die lug.
6 Hy het sy seun verbrand en hy het gesê hy kan tekens sien en hy kan sê wat sal gebeur. Hy het ook gesê hy kan praat met die geeste van mense wat gesterf het, en hy weet wat ander mense nie kan weet nie. Manasse het baie dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie en hy het die Here kwaad gemaak.