19 Amon was 22 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was twee jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Mesullemet dogter van Garus, van die stad Jotba.
20 Amon het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos sy pa Manasse gedoen het.
21 Hy het gelewe soos sy pa. Hy het die afgode gedien wat sy pa gedien het en hy het vir hulle gebuig.
22 Hy het nie meer die Here, die God van sy voorvaders, gedien nie, hy het nie gedoen wat die Here wil hê nie.
23 Amptenare van Amon het planne gemaak teen hom en hulle het die koning in sy paleis vermoor.
24 Die mense van die land het die amptenare doodgemaak wat vir Amon vermoor het, en toe het die mense van die land vir Josia seun van Amon koning gemaak ná hom.
25 Al die ander dinge wat Amon gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.