22 Hy het nie meer die Here, die God van sy voorvaders, gedien nie, hy het nie gedoen wat die Here wil hê nie.
23 Amptenare van Amon het planne gemaak teen hom en hulle het die koning in sy paleis vermoor.
24 Die mense van die land het die amptenare doodgemaak wat vir Amon vermoor het, en toe het die mense van die land vir Josia seun van Amon koning gemaak ná hom.
25 Al die ander dinge wat Amon gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
26 Sy mense het hom begrawe in sy graf in die tuin van Ussa. Sy seun Josia het koning geword ná hom.