23 Maar hierdie Paasfees het hulle vir die Here gevier in Jerusalem in die agtiende jaar nadat Josia koning geword het.
24 Josia het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle kan praat met die geeste van mense wat gesterf het. Hy het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. Hy het die beeldjies en die afgode in Juda en Jerusalem weggevat, al die lelike goed. Hy het alles gedoen wat geskryf is in die wette in die boek wat Gilkija in die tempel gekry het.
25 Daar was nie nog so ’n koning wat sy lewe so heeltemal verander het nie. Josia het gedoen wat die Here wil hê, soos die Wette van Moses sê. Daar was nie so ’n koning vóór die tyd van Josia of ná sy tyd nie.
26 Maar die Here het kwaad gebly vir die mense van Juda. Die Here was kwaad oor alles wat Manasse gedoen het.
27 Die Here het gesê: “Ek sal die mense van Juda ook wegvat voor My soos Ek die mense van Israel weggevat het. Ek het hierdie stad Jerusalem gekies, en Ek het gesê Ek sal self in hierdie tempel woon. Maar Ek sal nou hierdie stad en hierdie tempel los.”
28 Al die ander dinge wat Josia gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
29 In die tyd toe Josia koning was, wou Neko, koning van Egipte, vir die koning van Assirië gaan aanval by die Eufraat-rivier. Josia het toe gegaan om vir Neko te stop. Die farao het vir Josia doodgemaak toe hulle mekaar by Megiddo sien.