1 In die tyd toe Jojakim koning was, het Nebukadnesar koning van Babel die land aangeval, en Jojakim het drie jaar lank gedoen wat die koning van Babel gesê het. Maar daarna het hy opstandig geword.
2 Die Here het groepe Galdeërs en Arameërs en Moabiete en Ammoniete gestuur om Juda aan te val. Die Here het dit gedoen omdat Hy Juda wou verwoes. Hy het voorheen sy dienaars die profete gestuur om te sê dit sal so gebeur.
3 Die Here self het gesê wat in Juda moet gebeur, Hy wou hulle weggooi oor al die sonde wat Manasse gedoen het
4 en oor die onskuldige mense wat Manasse in Jerusalem doodgemaak het. Manasse het so baie mense doodgemaak dat Jerusalem vol van hulle bloed was. Die Here wou nie hierdie sondes vergewe nie.
5 Al die ander dinge wat Jojakim gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
6 Jojakim het gesterf, en sy seun Jojagin het koning geword ná hom.
7 Die koning van Egipte kon nie weer uit sy land kom nie, want die koning van Babel het al die lande gevat wat aan die koning van Egipte behoort het, alles van Egipte-spruit tot by die Eufraat-rivier.