1 en in die negende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het, het Nebukadnesar en al sy soldate gekom om Jerusalem aan te val. Hy het sy tente laat opslaan rondom die stad en hulle het begin om ’n grondwal om die stad te bou.
2 Hulle het rondom die stad gebly tot in die elfde jaar nadat Sedekia koning geword het.
3 Op die negende dag van die vierde maand was die kos in die stad op. Daar was nie meer kos om te eet nie.
4 Die soldate van Babel het oor die muur begin kom, en die soldate van Jerusalem het in die nag begin vlug deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin. Die Galdeërs was rondom die stad, en koning Sedekia het op die pad na die Jordaan-vallei probeer wegkom.
5 Maar die soldate van die Galdeërs het die koning gevolg en gejaag en hulle het hom gekry op die droë, gelyk grond by Jerigo. Al sy soldate het na al die kante toe gevlug, weg van hom.