15 Die hoof-offisier het ook die emmers en die bakke gevat, alles wat van goud en silwer was.
16 Die twee pilare, die waterbak, en die waentjies wat Salomo vir die tempel laat maak het, was so swaar dat ’n mens dit nie kon weeg nie. Al hierdie goed was van brons.
17 Elke pilaar was 18 el hoog, en die kopstuk bo-op was van brons en dit was drie el hoog. Daar was granate van brons rondom elke kopstuk.
18 Die hoof-offisier het die hoëpriester Seraja gevang en ook die tweede priester, Sefanja, en die drie drumpelwagte.
19 Hy het ook uit die stad een offisier geneem wat die hoof was van die soldate, en ook vyf van die koning se raadgewers wat in die stad was, en die sekretaris van die hoof van die leër wat die mense van die land moes roep om oorlog te maak, en ook 60 van die belangrike mense van die land wat toe in die stad was.
20 Die hoof-offisier Nebusaradan het hulle gebring na die koning van Babel in Ribla.
21 Die koning van Babel het hulle laat doodmaak in Ribla, in die land Hamat. Hy het die ander Judeërs laat wegvat uit hulle land.