27 In die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda ’n gevangene geword het, het koning Ewil-Merodak van Babel vir Jojagin uit die tronk laat uitkom. Dit was in die twaalfde maand, op die sewe-en-twintigste dag van die maand.
28 Ewil-Merodak het vriendelik gepraat met Jojagin en hy het hom laat sit op ’n belangriker plek as die ander konings wat by hom in Babel was.
29 Jojagin kon sy tronk-klere uittrek en hy kon by die koning se tafel eet totdat hy gesterf het.
30 Die koning van Babel het vir Jojagin elke dag alles gegee wat hy nodig gehad het, totdat hy gesterf het.