23 Hulle het gesê: “Dit is bloed. Die drie konings het miskien teen mekaar begin veg en hulle het mekaar se manne doodgemaak. Kom, Moabiete, ons moet hulle goed gaan vat!”
24 Maar toe die Moabiete by die tente van die Israeliete kom, het die Israeliete hulle aangeval en oorwin. Die Moabiete het gevlug. Die Israeliete het verder in die land Moab ingegaan en hulle het die Moabiete daar oorwin.
25 Die Israeliete het die stede verwoes. Hulle het al die vrugbare grond vol klippe gegooi en al die fonteine toegemaak en al die vrugtebome afgekap. Later het net een stad se mure bly staan, dit was Kir-Gareset. Maar die manne wat met slingervelle gooi, het die stad van al die kante aangeval en hulle het dit oorwin.
26 Toe die koning van Moab sien dat die drie konings sy manne oorwin, het hy 700 manne wat met swaarde veg, saam met hom geneem. Hulle het probeer om tussen die manne van die drie konings deur te gaan tot by Edom, maar hulle het dit nie reggekry nie.
27 Toe vat die koning van Moab sy oudste seun wat ná hom koning sou word, en hy offer hom op die muur. Hy het hom heeltemal verbrand. Die Israeliete was só geskok en ontsteld dat hulle weggegaan het, terug na hulle land.