3 Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het. Jerobeam het die Israeliete ook daardie sondes laat doen.
4 Koning Mesa van Moab was ’n skaapboer. Hy moes elke jaar vir die koning van Israel 100 000 lammers en die wol van 100 000 skaap-ramme gee.
5 Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab opstandig geword teen die koning van Israel.
6 Koning Joram het toe uit Samaria gegaan en hy het al die manne van Israel laat kom om oorlog te maak.
7 Hy het ook ’n boodskap gestuur na koning Josafat van Juda en gevra: “Die koning van Moab het opstandig geword teen my. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan oorlog maak?”Josafat het geantwoord: “Ek sal saamgaan. Ek sal by jou wees, my manne sal by jou manne wees, en my perde by jou perde.
8 Maar op watter pad sal ons gaan?”Joram het geantwoord: “Op die pad na die woestyn van Edom.”
9 Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het toe deur die woestyn gegaan, maar ná sewe dae was daar nie meer water vir die manne en die diere wat by hulle was nie.