15 Elisa het gesê Gehasi moet die vrou gaan roep, en sy het by die deur kom staan.
16 Toe sê Elisa vir die vrou: “Jy sal volgende jaar hierdie tyd jou eie seun in jou arms hou.”Die vrou het gesê: “Nee, Meneer, jy is ’n man van God, jy moenie vir my jok nie.”
17 Maar die vrou het swanger geword en sy het ’n seun gekry op die tyd wat Elisa gesê het.
18 Toe die seun groter was, het hy eendag saam met sy pa gegaan na die koringland waar die mense die koring afsny.
19 En hy het vir sy pa gesê: “My kop is seer, my kop is seer.”Sy pa het vir ’n jongman gesê: “Neem my seun na sy ma toe.”
20 Die jongman het die seun opgetel en hy het hom na sy ma toe geneem. Die seun het op haar skoot gesit tot die middag, en toe het hy gesterf.
21 Sy ma het hom na die bo-kamer gedra en sy het hom neergesit op die man van God se bed. Sy het toe die deur gesluit en ondertoe gegaan.