22 Toe roep sy haar man en sê: “Stuur asseblief vir my een van die jongmanne en ’n donkie, ek wil gou na die man van God toe gaan.”
23 Haar man het gevra: “Hoekom wil jy vandag na hom toe gaan? Dit is nie Nuwemaan-fees of Sabbatdag nie.”Die vrou het gesê haar man moenie bekommerd wees nie.
24 Sy het die donkie laat opsaal en vir die jongman gesê: “Jy moet die donkie vinnig jaag, jy moet net stadiger gaan wanneer ek vir jou sê.”
25 Toe sy by die man van God op Karmel-berg kom, het hy haar sien aankom en vir die jongman Gehasi by hom gesê: “Kyk, hier kom die vrou van Sunem.
26 Hardloop asseblief na haar toe en vra vir haar: ‘Gaan dit goed met jou, gaan dit goed met jou man, gaan dit goed met die kind?’ ”Die vrou het geantwoord: “Dit gaan goed.”
27 Maar toe sy by die man van God op die berg kom, gaan lê sy en sy hou Elisa se voete vas. Gehasi het nader gekom om haar weg te trek, maar die man van God het gesê: “Los haar, sy is baie hartseer, en die Here het dit nie vir my gewys nie, Hy het dit nie vir my gesê nie.”
28 Die vrou sê toe vir Elisa: “Ek het nie vir Meneer ’n seun gevra nie. Ek het gesê jy moenie vir my jok nie.”