35 Daarna het Elisa afgeklim van die bed en hy het een maal heen en weer geloop in die kamer. Toe het hy weer op die seun gaan lê. Die seun het sewe maal genies en hy het sy oë oopgemaak.
36 Elisa roep toe vir Gehasi en sê: “Roep die vrou van Sunem.”Gehasi het haar geroep, en toe sy by Elisa kom, het hy gesê: “Tel jou seun op.”
37 Sy het gekom en by Elisa se voete gaan lê met haar gesig teen die grond. Toe het sy haar kind opgetel en uitgegaan.
38 Elisa het teruggegaan na die stad Gilgal. Daar was hongersnood in die land. Eendag toe hy besig was om vir die profete te leer, het hy vir die jongman by hom gesê: “Sit die groot pot op die vuur en kook kos vir die profete.”
39 Een van die profete het uitgegaan veld toe om kruie te pluk. Hy kry toe ’n wilde plant wat vrugte gedra het, en hy pluk sy sak vol. Toe kom hy terug en hy sny die vrugte in stukkies en gooi dit in die pot. Maar hy het nie die vrugte geken nie.
40 Hulle het later vir die manne kos geskep om te eet, maar toe hulle die kos proe, het hulle geskree: “Man van God, die kos is giftig!”Hulle kon dit nie eet nie.
41 Maar Elisa het gesê hulle moet vir hom meel bring, en hy het die meel in die pot gegooi en gesê: “Skep nou van die kos vir die manne.”Hulle het geëet, en daar was toe niks verkeerd met die kos nie.