5 Die vrou het gegaan en sy het die deur agter haar toegesluit. Haar seuns het die kruike vir haar gegee en sy het dit volgemaak.
6 Toe die kruike almal vol is, sê sy vir een van haar seuns: “Bring vir my nog ’n kruik.”Die seun het vir haar gesê: “Daar is nie meer kruike nie.”
7 En toe het daar nie meer olyf-olie uit die kruikie gekom nie. Sy het dit vir die man van God gaan sê, en hy het gesê: “Gaan verkoop nou die olyf-olie en betaal die skuld. Jy en jou seuns kan dan lewe van die geld wat oorbly.”
8 Toe Elisa eendag in die stad Sunem kom, het ’n ryk vrou hom genooi om by hulle te kom eet. Hy het toe elke maal wanneer hy daar gekom het, na haar huis gegaan om te eet.
9 Eendag het sy vir haar man gesê: “Luister na wat ek sê, die man van God is ’n gewyde man en hy kom baie maal by ons.
10 Kom ons maak die klein bo-kamer vir hom gereed, en ons sit daar vir hom ’n bed en ’n stoel en ’n tafel en ’n lamp. Dan kan hy elke maal wanneer hy by ons kom, daar gaan bly.”
11 Hulle het dit toe gedoen. Eendag het Elisa gekom en hy het in die bo-kamer op die bed gaan lê.