8 Toe Elisa eendag in die stad Sunem kom, het ’n ryk vrou hom genooi om by hulle te kom eet. Hy het toe elke maal wanneer hy daar gekom het, na haar huis gegaan om te eet.
9 Eendag het sy vir haar man gesê: “Luister na wat ek sê, die man van God is ’n gewyde man en hy kom baie maal by ons.
10 Kom ons maak die klein bo-kamer vir hom gereed, en ons sit daar vir hom ’n bed en ’n stoel en ’n tafel en ’n lamp. Dan kan hy elke maal wanneer hy by ons kom, daar gaan bly.”
11 Hulle het dit toe gedoen. Eendag het Elisa gekom en hy het in die bo-kamer op die bed gaan lê.
12 Hy sê toe vir die jongman Gehasi wat vir hom werk: “Gaan roep vir my hierdie vrou van Sunem.”Gehasi het haar gaan roep, en sy het by die deur kom staan.
13 Toe sê Elisa vir Gehasi: “Sê vir haar: Jy het baie gedoen om vir ons te help. Wat kan ons vir jóú doen? Kan ek vir die koning of vir die hoof van die leër iets sê oor jou?”Die vrou het geantwoord: “Nee, ek woon by my eie mense.”
14 Elisa sê toe: “Ek wonder wat ek vir haar kan doen.”En toe sê Gehasi: “Ek weet wat jy vir haar kan doen. Sy het nie ’n seun nie, en haar man is oud.”