1 Naäman was die hoof van die leër van die koning van Aram. Hy was ’n belangrike man en die koning het hom gerespekteer, want die Here het vir Naäman gebruik om die Arameërs te laat wen teen hulle vyande. Naäman kon goed oorlog maak, maar hy was melaats.
2 Die Arameërs het voorheen eendag ’n paar stede in die land Israel gaan aanval. Naäman het toe ’n klein dogtertjie van Israel saamgebring om vir sy vrou te werk.
3 Die dogtertjie het vir Naäman se vrou gesê: “As Meneer by die profeet Elisa in Samaria kan kom, dan sal die profeet hom gesond maak. Meneer sal dan nie meer melaats wees nie.”
4 Naäman het vir die koning gaan sê wat die dogtertjie sê wat van die land Israel kom,