18 Toe die Arameërs nader kom, het Elisa tot die Here gebid en gevra: “Here, laat hierdie mense asseblief blind word.”Die Here het gedoen wat Elisa gevra het, en die Arameërs het blind geword.
19 Elisa het vir hulle gesê: “Julle is op die verkeerde pad en by die verkeerde stad. Kom saam met my, dan sal ek julle bring in die stad wat julle soek.”En toe bring Elisa die Arameërs na die stad Samaria.
20 Toe hulle in Samaria kom, het Elisa gebid: “Here, maak nou hierdie manne se oë oop sodat hulle kan sien.”Die Here het dit gedoen, en toe hulle kyk, was hulle binne-in Samaria.
21 Die koning van Israel het vir Elisa gevra: “Meneer, moet ek hierdie Arameërs doodmaak?”
22 Maar Elisa het gesê: “Nee, jy moenie vir hulle doodmaak nie. Jy het hulle nie in ’n oorlog gevang nie, daarom mag jy hulle nie doodmaak nie. Gee vir hulle kos en water sodat hulle kan eet en kan teruggaan na hulle koning toe.”
23 Die koning van Israel het toe vir hulle ’n groot fees-ete gegee, en nadat die Arameërs geëet en gedrink het, het hy hulle laat gaan. Hulle het teruggegaan na hulle koning toe, en die Arameërs het nie gou weer die stede in die land Israel kom aanval nie.
24 Later het koning Ben-Hadad van Aram al sy manne laat bymekaarkom en hulle het hulle tente rondom die stad Samaria opgeslaan.