9 En toe sê hulle vir mekaar: “Ons doen nou verkeerd. Vandag is ’n dag van goeie nuus, maar ons bly stil. Ons moenie wag tot môre nie, dit sal verkeerd wees. Kom ons gaan vertel dit vir die mense by die paleis.”
10 Hulle kom toe by die poort van die stad en hulle skree vir die wagte: “Ons het in die Arameërs se kamp gekom, en daar was niemand nie. Die perde en donkies is daar vasgemaak, en die tente is ook nog daar.”
11 Die wagte het dit by die paleis gaan vertel,
12 en toe die koning dit daardie nag hoor, het hy opgestaan en vir sy amptenare gesê: “Ek weet wat die Arameërs met ons wil doen. Hulle weet ons is honger. Hulle het uitgegaan uit die kamp en hulle het in die veld gaan wegkruip. Hulle wil ons lewendig vang wanneer ons uit die stad kom, sodat hulle in die stad kan inkom.”
13 Een van die amptenare van die koning sê toe: “Die perde wat nog oor is in die stad, sal ook doodgaan soos baie van ons mense. Kom ons neem vyf van die perde en ons stuur mense om te gaan kyk.”
14 Hulle het toe twee oorlogkarre en perde geneem, en die koning het manne gestuur om te gaan kyk waar die Arameërs is.
15 Die manne het tot by die Jordaan-rivier gegaan om die Arameërs te soek. Oral op die pad het klere en wapens gelê wat die Arameërs weggegooi het terwyl hulle weggehardloop het. Die manne het teruggegaan en hulle het dit vir die koning vertel.