1 Die profeet Elisa het een van die profete geroep en vir hom gesê: “Jy moet jou klere vasmaak en hierdie kruikie olyf-olie neem en na die stad Ramot in die land Gilead gaan.
2 Wanneer jy daar kom en jy sien vir Jehu seun van Josafat seun van Nimsi, dan moet jy vir hom sê hy moet daar uitkom, weg van die ander offisiere, en jy moet hom alleen na ’n kamer neem.
3 Dan moet jy die kruikie olyf-olie op sy kop uitgooi en jy moet sê: ‘Die Here sê Hy salf jou om koning te wees van Israel.’ Dan moet jy die deur oopmaak en dadelik weggaan.”
4 Die jongman, die profeet, het na Ramot in Gilead gegaan,
5 en toe hy daar kom, sien hy die offisiere daar sit. Hy het vir Jehu gesê: “Offisier, ek het ’n boodskap vir jou.”Jehu vra toe: “Vir wie van ons is die boodskap?”Die profeet antwoord toe: “Die boodskap is vir jóú, Offisier.”