23 Joram het omgedraai met sy wa en hy het vir Ahasia geskree: “Hulle het ons verraai!”
24 Maar Jehu het sy boog se snaar styfgetrek en hy het vir Joram bo in sy rug geskiet. Die pyl het deur Joram se hart gegaan en hy het op die wa dood neergeval.
25 Jehu het vir sy offisier Bidkar gesê: “Vat hom en gooi hom op die grond van Nabot van Jisreël. Onthou jy dat ek en jy agter sy pa Agab gery het toe die Here gesê het dit sal gebeur?
26 Die Here het gesê: ‘Ek het gisteraand die bloed van Nabot en sy seuns gesien, en Ek belowe Ek sal jou op hierdie selfde grond daaroor straf.’ ”Jehu sê toe: “Vat hom en gooi hom op die grond, soos die Here gesê het.”
27 Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy weggejaag op die pad na die stad Bet-Gan, maar Jehu het hom gevolg en gejaag en gesê: “Hy moet ook sterf.”Jehu se manne het vir Ahasia geskiet op sy wa toe hy na die stad Gur gery het. Dit is naby die stad Jibleam. Ahasia het na die stad Megiddo gevlug, en hy het daar gesterf.
28 Sy amptenare het hom na Jerusalem gebring en hulle het hom begrawe in sy graf by sy voorvaders in die Dawidstad.
29 Ahasia het koning van Juda geword in die elfde jaar nadat Joram seun van Agab koning geword het.