1 Salomo seun van Dawid het koning geword en hy het seker gemaak dat hy koning sal bly. Sy God die Here was by hom. Die Here het hom ’n baie belangrike koning laat word.
2 Salomo het al die leiers van die Israeliete laat roep. Dit was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, die regters, elke leier in die hele Israel, die familiehoofde.
3 Hy en die hele volksvergadering saam met hom het na die offer-plek in die stad Gibeon gegaan, want die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, was daar. Dit was die tent wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn laat maak het.
4 Maar die kis van God was op die plek wat Dawid daarvoor laat gereedmaak het. Dawid het die kis voorheen uit Kirjat-Jearim gebring en hy het ’n tent vir die kis in Jerusalem laat opslaan.