16 Toe die koning nie na hulle luister nie, het al die mense van Israel vir die koning gesê:“Ons is nie Dawid se familie nie,die seun van Isai was nie eenvan ons nie.Mense van Israel, gaan terugna julle tente!Dawid, nou moet jyjou eie huis oppas.”Die mense van Israel het teruggegaan na hulle tente.
17 Rehabeam was toe koning net van die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18 Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle almal het vir Adoram met klippe doodgegooi. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug.
19 Dit is hoe die mense van Israel opstandig geword het teen die koningshuis van Dawid, en dit het so gebly tot nou toe.