3 maar die mense van Israel het hom laat roep, en hy het gekom. Jerobeam en die hele volk Israel het met Rehabeam kom praat.
4 Hulle het gesê: “Jou pa het ons baie hard laat werk. Jy moet ons nie so hard laat werk nie, dan sal ons vir jou werk.”
5 Rehabeam het vir hulle gesê hulle moet eers weggaan en hulle moet oor drie dae terugkom. Hulle het toe weggegaan.
6 Daar was amptenare wat vir Salomo gewerk het toe hy gelewe het. Koning Rehabeam het vir hulle gevra wat hy moet doen. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord?”
7 Hulle het vir hom gesê: “As jy vandag goed wil wees vir hierdie mense en jy doen wat hulle wil hê en jy gee vir hulle ’n goeie antwoord, dan sal hulle jou altyd dien.”
8 Maar Rehabeam wou nie luister na wat hulle vir hom gesê het nie. Hy het toe vir die jongmanne gaan vra wat saam met hom grootgeword het en wat sy amptenare was.
9 Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord? Hulle het vir my gevra dat ek hulle nie so hard moet laat werk soos hulle vir my pa moes werk nie.”