11 Rehabeam het die mure sterker gemaak en hy het mense gekies en aangestel om in die stede te regeer. Daar was ook stoorkamers met kos, olyf-olie en wyn.
12 Daar was ook skilde en spiese. Rehabeam het die stede baie sterk gemaak. Die land Juda en Benjamin het aan hom behoort.
13 Die priesters en Leviete wat oral tussen die mense van Israel gewoon het, het uit al hulle woonplekke na Rehabeam toe gekom.
14 Die Leviete het hulle weivelde en hulle grond gelos en hulle het na Juda en Jerusalem gekom, want Jerobeam en sy seuns het gesê hulle mag nie meer priesters van die Here wees nie.
15 Jerobeam het sy eie priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke en die veldgode en die kalfbeelde wat hy gemaak het.
16 Mense uit al die stamme van Israel het saam met die priesters en Leviete na Jerusalem gekom. Hulle het self besluit dat hulle die Here wil dien, en hulle het gekom om te offer vir die Here, die God van hulle voorvaders.
17 Hulle het die land Juda sterk laat word en hulle het drie jaar lank vir Rehabeam seun van Salomo gehelp, want hulle het drie jaar lank gelewe soos Dawid en Salomo.