11 Hiram het potte en grawe en bakke gemaak. Hy het die werk klaargemaak wat hy vir koning Salomo by die tempel moes doen.
12 Hy het die twee pilare gemaak, die bakke en die kapitele bo-op die pilare, die nette wat die bakke bo-op die twee kapitele toemaak,
13 die 400 granate vir die nette, twee rye granate op elke net wat die bakke bo-op die kapitele toemaak,
14 die staanders en die was-skottels op die staanders,
15 die waterbak, die twaalf beeste onder die waterbak,
16 die potte, die grawe en die vurke en al die ander gereedskap. Die meester-ambagsman Hiram het dit vir koning Salomo gemaak om in die tempel te gebruik. Hy het dit gemaak van brons wat hy blink gevryf het.
17 Die koning het al die goed laat smelt in die kleigrond tussen die stad Sukkot en die stad Saretan.